Nampol trek 137 dwelmverdagtes in Mei vas

Die Namibiese polisie het in Mei 137 mense in verband met dwelms in hegtenis geneem. Uit die 137 arrestasies was 121 Namibiërs. Volgens ‘n misdaadverslag van Nampol is 121 448 kilogram dagga ter waarde van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer. Beslag is op 244 Mandrax-tablette ter waarde van 29 280 dollar gelê.