Malema en kie se ontslagaansoek van die hand gewys

Die EFF-leier Julius Malema en parlementslid Mbuyiseni Ndlozi se ontslagaansoek is deur die landdroshof in Randburg van die hand gewys. Hulle word aangekla dat hulle ‘n beampte aangerand het tydens Winnie Mandela se begrafnis in 2018. Die voorsittende landdros Leiland Poonsamy sê die staat het genoeg bewyse voorgelê vir die verhoor om voortgesit te word.