DA met afgryse vervul oor misdaadstatistiek

Die DA is met afgryse vervul oor die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van 2021/2022 waarin die gewelddadige misdaad- bloedbad blootgelê word wat gemeenskappe in Suid-Afrika besoedel. Die minister van polisie, Bheki Cele, het vandag die jongste misdaadstatistiek aan die parlement voorgelê. Volgens dié statistieke was daar 6 083 moorde tussen Januarie en Maart vanjaar. Die DA-lid, Andrew Whitfield, sê dit kom neer op meer as 67 moorde per dag.