SA se seksuele misdrywe styg met 13,7%

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê ‘n toename van 13,7 persent is aangeteken in sake van seksuele misdrywe, met kontak-seksuele misdrywe wat die enigste afname in hierdie misdaadkategorie getoon het. Hy het die misdaadstatistiek vir die eerste drie maande van vanjaar bekend gestel. Cele sê 10 818 mense is in hierdie tydperk in Suid-Afrika verkrag.