Tito Mboweni aangestel as direkteur van Discovery

Die voormalige minister van finansies in die buurland, Tito Mboweni, is aangestel as ‘n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Discovery. Mboweni het verlede jaar as minister van Finansies bedank en in Januarie vanjaar ook as lid van die Parlement. Hy is ook ‘n gewese minister van Arbeid en president van die Reserwebank. Mboweni is onlangs aangestel as die voorsitter van die Accelerate Property-fonds en dien ook as streeksraadgewer vir Goldman Sachs. Mboweni het voorheen, vanaf 2013 tot 2018, op Discovery se raad gedien.