Gerhard Mans-saak: Beskuldigde bly in aanhouding

Die 31-jarige Jafet Paulus, ’n Namibiese burger van Karibib, is vandag van strafbare manslag in die Windhoekse landdroshof in Katutura aangekla ná die noodlottige ongeluk Woensdagoggend van die rugby-legende en bekende fietsryer, Gerhard Mans Senior op die Westelike Verbypad. Paulus bly in aanhouding nadat die staat borgtog teengestaan het weens vrese dat hy ‘n vlugrisiko is of met getuies kan inmeng. Die staat kan ook verdere aanklagte teen hom bring. Landdros Ilge Rheent het die saak vir verdere ondersoek tot 22 Julie uitgestel.