Jill Biden gaan Moedersdag in Oos-Europa vier

Die Withuis het bevestig die Amerikaanse presidentsvrou, Jill Biden, gaan Oos-Europa die naweek besoek om deel te neem aan Moedersdag-vierings by ‘n vlugteling-sentrum en skool in Slowakye. ‘n Deel van haar toer sluit ‘n besoek in aan Slowakye se grens met Oekraïne. Daar sal Biden ‘n beheerpunt besoek waar Oekraïense vlugtelinge basiese bystand ontvang van humanitêre en Slowaakse regeringswerkers.