Chapmanspiek-rylaan herdenk vandag 100 jaar

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Vervoer, Daylin Mitchell, het vandag ‘n gedenkplaat by die Chapmanspiek-tolplaza onthul, ter viering van die 100ste herdenking van dié ikoniese roete. Chapmanspiek-rylaan, wat Houtbaai en Noordhoek verbind, is op 6 Mei 1922 vir die publiek geopen. Winde sê Chappies is nog altyd beskou as een van die skilderagtigste ritte ter wêreld.