Beurtkrag bly tot Maandag – Eskom

Eskom sê hy verwag ‘n afname in die aanvraag na elektrisiteit teen vanmiddag en oor die naweek. Die stadige herstel van die opwekkingskapasiteit sal egter nie ‘n afname in die beurtkrag toelaat nie. Dit beteken fase twee sal, soos dit beplan is, tot vyf-uur Maandagoggend duur. Energiekenners het intussen verklaar Eskom bly die grootste bedreiging vir die land se fiskale stabiliteit, as gevolg van sy skuld van nagenoeg 400 miljard Suid-Afrikaanse rand wat deur die staat gewaarborg word.