Uiters goeie vordering met proewe vir inenting onder koedoes teen hondsdolheid

Die derde fase van proewe op mondelinge entstof vir hondsdolheid in koedoes is pas voltooi. Daar is groot opgewondenheid oor moontlik sukses om teenliggaampies in die spesie te kan opbou. Dr. Rainer Hassel, studieleier van die projek en dosent by Unam se Veeartseny-skool, verduidelik.