Sam !Khubis word die naweek herdenk

Die herdenking van Sam !Khubis is uiters belangrik vir Namibië se Baster-volk. Dit herdenk die oorwinning van die Basters op 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël het die besonderhede van vanjaar se herdenking met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.