Minstens 400 000 Gautengers nou sonder rybewyse

Die DA in Gauteng sê die spertyd vir die hernuwing van rybewyse wat tydens 2020 se streng inperking verstryk het, is verby en 1,3 miljoen bestuurders in die land is sonder geldige rybewyse – minstens 400 000 van hulle in Gauteng. DA-woordvoerder Dorianne Arendse sê die provinsie se bestuurders sal in misdadigers omskep word aangesien hulle geen ander keuse het as om onwettig te bestuur nie.