Landbou-bedryf vra opheffing van China se wolverbod

Oproepe neem toe vir die Suid-Afrikaanse regering om dringend sy Chinese eweknieë te betrek oor die opheffing van die verbod op wol-uitvoere. Die landbou-bedryf sê die verbod is onregverdigbaar aangesien daar tans landwyd geen siektes in hul geregistreerde wol-produserende  instellings is nie. Die Nasionale Wolkwekers-vereniging van Suid-Afrika sê die Suid-Afrikaanse wolbedryf het na raming 734 […]

Read More

US Global Aids: MIV bly grootste bedreiging vir Afrika

 US Global Aids sê MIV bly ‘n groot bedreiging vir mense in Afrika. Besmettings het toegeneem in ten minste 38 lande terwyl dit in ander lande bestendig is. Die organisasie sal aan die spits staan van die sogenaamde Dreams-program wat gemik is op die uitroei van die toestand. Die koördineerder en spesiale verteenwoordiger vir Gesondheids-diplomasie, […]

Read More

Proteas vaar goed teen Engelse Leeus

Krieket: Die Proteas is vir ‘n goeie 433 lopies uitgeboul op die tweede dag van hulle toer-wedstryd teen die Engelse Leeus in Canterbury. Hulle het gister gesukkel op 129 vir vyf, maar Khaya Zondo en Rassie van der Dussen het die beurt gered met ‘n vennootskap van 143 lopies. Zondo het 86 bygedra, terwyl Van […]

Read More

ActionSA eis naam van produksiemaatskappy van Krugersdorp-verkragting

Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het die minister van polisie, Bheki Cele, en die Gautengse kommissaris, Elias Mawela, gevra om die onderneming te identifiseer wat verantwoordelik is vir die musiekvideo wat in Krugersdorp geskiet is en gelei het tot die groepsverkragting van agt vroue. Vermeende onwettige mynwerkers het die vroue aangeval terwyl hulle aan […]

Read More

Nóg twee witrenosters op dieselfde plaas by Gobabis gestroop

Nóg twee karkasse van witrenosters is op dieselfde plaas in die Gobabis-distrik gevind waar ‘n witrenosterbul verlede week gestroop is. Beamptes van die omgewingsministerie is op die plaas om ondersoek in te stel. Intussen het die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ses witrenosters ook onlangs in die Grootfontein-distrik […]

Read More

‘n Vrou is nuwe premier van KwaZulu-Natal

Die nuut-aangestelde premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, is vandag as die eerste vrou in die posisie in die provinsie ingehuldig nadat Sihle Zikalala Vrydag bedank het. Dube-Ncube het ‘n spesiale sitting van die provinsiale wetgewer in Mooirivier toegespreek. Sy het Zikalala bedank vir die werk wat hy tydens sy ampstermyn gedoen het. Dube-Ncube sê die […]

Read More

Britney Spears sing saam met Elton John

Aanhangers het opgewonde reageer op die aankondiging oor Britney Spears se terugkeer nadat haar kuratorskap van meer as 13 jaar in November verlede jaar beëindig is. Sy span saam met die legendariese Britse musikant, Elton John, vir ‘n liedjie genaamd Hold Me Closer, wat ‘n nuwe weergawe is van John se 1971-enkelsnit, Tiny Dancer. Die […]

Read More

DA: Beloon Statebond-medaljewenners

Statebondspele: Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Sport-konfederasie, die Olimpiese Komitee en die sportminister, Nathi Mthethwa, om te verseker Suid-Afrikaanse medaljehouers word met bonusse beloon. Tsepo Mhlongo van die DA sê Suid-Afrika het 27 medaljes in Birmingham ingepalm – sewe goud, nege silwer en elf brons. Mhlongo sê die atlete verdien om dienooreenkomstig […]

Read More

Vyf leeus uit Roemenië gered, kom vandag in Johannesburg aan

Die dierewelsynsorganisasie Four Paws sal vandag, op Wêreld Leeu-dag, vyf leeus op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng verwelkom, nadat sy internasionale span hulle in Roemenië gered het. Hulle was deel van ‘n groep van sewe leeus wat gered is, maar twee benodig nog versorging in Nederland. Die plaaslike direkteur van Four Paws, Fiona […]

Read More

Dwelms in Namibië: Publiek moet groter rol speel

Beslaglegging op dwelms duur voort en maandeliks is die syfers wat deur die Namibiese polisie bekend gemaak word uiters hoog. In Julie is meer as 5 miljoen Namibiese dollar se dwelms in die land gekonfiskeer met 172 verdagtes wat gearresteer is. Oud-kommissaris Hermie van Zyl, destydse hoof van die Nampol se dwelmeenheid sê die probleem […]

Read More