Vyf leeus uit Roemenië gered, kom vandag in Johannesburg aan

Die dierewelsynsorganisasie Four Paws sal vandag, op Wêreld Leeu-dag, vyf leeus op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng verwelkom, nadat sy internasionale span hulle in Roemenië gered het. Hulle was deel van ‘n groep van sewe leeus wat gered is, maar twee benodig nog versorging in Nederland. Die plaaslike direkteur van Four Paws, Fiona Miles, sê die driejarige sibbe is gister in hul kratte gelaai by hul tydelike toevlugsoord en het gisteraand op ‘n vlug vanaf Schipol vertrek: