Proteas vaar goed teen Engelse Leeus

Krieket: Die Proteas is vir ‘n goeie 433 lopies uitgeboul op die tweede dag van hulle toer-wedstryd teen die Engelse Leeus in Canterbury. Hulle het gister gesukkel op 129 vir vyf, maar Khaya Zondo en Rassie van der Dussen het die beurt gered met ‘n vennootskap van 143 lopies. Zondo het 86 bygedra, terwyl Van der Dussen 75 aangeteken het en Kyle Verreyne 62. Zondo is tevrede met sy bydrae in die aanloop tot die toetsreeks.