‘n Vrou is nuwe premier van KwaZulu-Natal

Die nuut-aangestelde premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, is vandag as die eerste vrou in die posisie in die provinsie ingehuldig nadat Sihle Zikalala Vrydag bedank het. Dube-Ncube het ‘n spesiale sitting van die provinsiale wetgewer in Mooirivier toegespreek. Sy het Zikalala bedank vir die werk wat hy tydens sy ampstermyn gedoen het. Dube-Ncube sê die hele land vier die ANC se besluit om die sesde premier van die provinsie ‘n vrou te maak.