US Global Aids: MIV bly grootste bedreiging vir Afrika

 US Global Aids sê MIV bly ‘n groot bedreiging vir mense in Afrika. Besmettings het toegeneem in ten minste 38 lande terwyl dit in ander lande bestendig is. Die organisasie sal aan die spits staan van die sogenaamde Dreams-program wat gemik is op die uitroei van die toestand. Die koördineerder en spesiale verteenwoordiger vir Gesondheids-diplomasie, John Nkengasong, het onthul President Joe Biden sal danksy ‘n vennootskap met die VSA ‘n byeenkoms van verskeie vennootlande aanbied om 298 miljard Namibiese dollar in te samel as deel van die Wêreldfonds vir MIV en tuberkulose.