Dwelms in Namibië: Publiek moet groter rol speel

Beslaglegging op dwelms duur voort en maandeliks is die syfers wat deur die Namibiese polisie bekend gemaak word uiters hoog. In Julie is meer as 5 miljoen Namibiese dollar se dwelms in die land gekonfiskeer met 172 verdagtes wat gearresteer is. Oud-kommissaris Hermie van Zyl, destydse hoof van die Nampol se dwelmeenheid sê die probleem sal verder vererger en sonder die bystand van die publiek, kan die owerhede dit nie alleen bekamp nie.