Britney Spears sing saam met Elton John

Aanhangers het opgewonde reageer op die aankondiging oor Britney Spears se terugkeer nadat haar kuratorskap van meer as 13 jaar in November verlede jaar beëindig is. Sy span saam met die legendariese Britse musikant, Elton John, vir ‘n liedjie genaamd Hold Me Closer, wat ‘n nuwe weergawe is van John se 1971-enkelsnit, Tiny Dancer. Die liedjie sal Spears se eerste nuwe vrystelling wees sedert 2016 se album, Glory. Haar vriendin, die sosiale vlinder Paris Hilton, sê sy het die liedjie gehoor en beskryf dit as ikonies.