ActionSA eis naam van produksiemaatskappy van Krugersdorp-verkragting

Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het die minister van polisie, Bheki Cele, en die Gautengse kommissaris, Elias Mawela, gevra om die onderneming te identifiseer wat verantwoordelik is vir die musiekvideo wat in Krugersdorp geskiet is en gelei het tot die groepsverkragting van agt vroue. Vermeende onwettige mynwerkers het die vroue aangeval terwyl hulle aan die produksie gewerk het. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die party het hulle sewe dae gegee om die naam van die produksie-maatskappy bekend te maak.