Vakbondlede juig oor moontlike polisie-verhoging

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit dr. Albert Kawana meen dat hy geskok is oor hoe min lede van die polisie verdien, veral diegene wat onder die rang van hoofinspekteur val. Die mag se hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het volgens berigte reeds ‘n versoek in die verband ingedien. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, sê eise deur werkers vir verhogings is regverdig en die regering moet elders spaar om dit toe te staan.