Mineraleraad van SA: Myne moet afhanklikheid van Eskom verminder

Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê myn-ondernemings poog om hul afhanklikheid van Eskom te verminder weens die voortdurende kragonderbrekings. Volgens die raad hang die lewens van byna 200 000 werkers ondergronds af van die beskikbaarheid van krag. Die raad se tegnologie-ontleder, Christian Teffo, sê myn-ondernemings ontwikkel 75 selfopwekkings-projekte om ‘n mate van druk van die netwerk te verwyder. Teffo voeg by die meeste van die projekte sluit sonkrag, waterstof, wind, battery-berging en gas in.