Thailand kyk na chemiese kastrasie vir seksmisdade

Thailand is naby aan die goedkeuring van chemiese kastrasie as ‘n manier om seksmisdade in die land aan te pak nadat wetgewers ‘n wetsontwerp goedgekeur het wat sommige oortreders die reg sal gee om die prosedure te kies in ruil vir ‘n verminderde tronkstraf. Van 16 413 veroordeelde seksoortreders wat tussen 2013 en 2020 uit Thaise tronke vrygelaat is, was daar 4 848 wat weer oortree het. Die oortreders sal vir 10 jaar gemonitor word en word vereis om elektroniese monitering-armbande te dra, volgens die wetsontwerp. Indien dit goedgekeur word, sal Thailand by ‘n klein groepie lande aansluit wat chemiese kastrasie gebruik, waaronder Pole, Suid-Korea, Rusland en Estland, plus sommige Amerikaanse state.