Voermeester se vroulike pluimveeboer is van die Noorde

Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa is as Voermeester se Vroulike Boer van die Jaar in die pluimvee-afdeling aangewys. Sy boer sowat 25 kilometer wes van Oshakati in die Omusimboti-nedersetting. Sy het in 2017 met 50 kuikens begin boer nadat sy opleiding in pluimveeboerdery by Nust ontvang het. Sy vertel haar suksesverhaal aan Kosmos 94.1 Nuus.