SA Rugby sê Bokke is nie te koop nie

Rugby: SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, het ʼn ope brief aan Suid-Afrikaners geskryf om vrese dat die Springbokke verkoop word, te besweer. Oberholzer sê SA Rugby beraadslaag met ʼn privaat beleggingsmaatskappy om in sy toekomstige finansiële groei te belê. Indien die ooreenkoms goedgekeur word, sal die maatskappy ʼn minderheidsaandeel in die kommersiële regte van SA Rugby se aktiwiteite verkry. SA Rugby sal die meerderheidsaandeelhouer bly. Oberholzer sê hierdie proses is nie gemik op ʼn vinnige kontantinspuiting nie. Die doel is om die langtermyn- finansiële volhoubaarheid van die spel te verseker.