Namibië neem SA-Israel volksmoordsaak na Vredespaleis

Namibië sal op 23 Februarie ‘n mondelinge verklaring by die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, aanbied oor die Suid-Afrikaans-ingestelde volksmoordsaak teen Israel wat tans in die Internasionale Hof van Justisie aanhangig is. Die Kabinet het aangekondig dat die justisie-minister, Yvonne Dausab, Namibië se verklaring tydens die verrigtinge sal lewer. Professor Phoebe Okowa sal die mondelinge argumente as regsadviseur namens Namibië aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die media-ombudsman, dr. John Nakuta gepraat, wat sê dit hou groot betekenis vir Namibië in.