Debmarine Premierliga gaan interessante tyd binne

Die Debmarine Namibië Premierliga het drie spanne wat dreig om weg te trek aan die bopunt van die punteleer, terwyl die relegasiestryd ook verskerp. Khomas Nampol is met 40 punte voor, met die verdedigende kampioene, African Stars drie punte agter hulle. FC Ongos derde is met 33 punte. Blue Waters en Eeshoke Chula Chula lei die jaagpak met 28 punte, maar hulle het baie om in te haal met ‘n agterstand van 12 punte op die voorlopers. Khomas Nampol het die naweek twee moeilike wedstryde, teen Mighty Gunners en Chula Chula, wat onderskeidelik sesde en vyfde op die punteleer is.