Mbumba verklaar Geingob as nasionale held

President Nangolo Mbumba het ‘n helde begrafnis aan oud-president Hage Geingob toegeken. Mbumba het in ‘n proklamasie in die Staatskoerant Geingob as ‘n nasionale held verklaar. Hy het verder opdrag gegee dat ‘n staatsbegrafnis ter ere van Geingob gehou word en dat hy op Sondag, 25 Februarie in die Nasionale Helde-akker begrawe word. ‘n Tydperk van rou is ook amptelik verklaar vanaf 5 Februarie tot die dag van die begrafnis. Gedurende dieselfde tydperk sal alle vlae halfmas hang in Namibië en by Namibiese sendings regoor die wêreld. Die begrafnis sal voorafgegaan word deur ‘n openbare gedenkdiens op Saterdag, 24 Februarie by die Onafhanklikheidstadion.