Bulle se Bok-vleuels teen Leeus op Ellispark

Rugby: Die Springbok-vleuels Canan Moodie en Kurt-Lee Arendse is ingesluit by die Bulle se span vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Leeus op Ellispark. Ruan Nortjé voer die Pretoria-span aan wat hulle bure van oorkant die Jukskeirivier twee weke gelede op Loftus Versveld met 30-28 geklop het. Afskoptyd is drieuur môremiddag en die Blou Bulle se president, Willem Strauss, sê hulle het ‘n baie belangrike wedstryd op hande.