Namibiese leerders kan inskryf vir Besigheidsbytjie-entrepreneurskompetisie

AfriForum bied weer vanjaar hul Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie. Dié aanlyn kompetisie het intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskool-leerders, bekend as Juniorpreneurs, wat ’n passie en kop het vir besigheid. Hierdie jaar spog die Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie met twee splinternuwe kategorieë, naamlik die AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie. Sandri Olivier van AfriForum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die doel van hierdie kompetisie is eenvoudig: om jong entrepreneurs van vroeg af te bemagtig.