VSA vlootvaartuig besoek weer Walvisbaaise hawe

Die Amerikaanse Lewis B. Puller-vlootvaartuig, die USS Hershel “Woody” Williams, is op ‘n hawe-besoek in Walvisbaai. Die Hershel “Woody” Williams is die eerste Amerikaanse vlootvaartuig wat aan die verantwoordelikheidsgebied van die VSA se Afrika-bevel toegewys is. Die Chargé d’Affaires van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Jessica Long, het die skip en sy bemanning verwelkom. Die skip het Walvisbaai ook in September 2021 besoek toe die bemanning opleiding aan die Namibiese vloot aangebied het. Vroeër vanjaar het die Namibiese vloot saam met Angola en Brasilië deelgeneem aan Exercise Obangame Express, die grootste jaarlikse maritieme veiligheids-oefening in Wes-Afrika.