Plaaslike held vir internasionale toekenning genomineer

’n Plaaslike held ding mee om ‘n internasionale toekenning na aanleiding van sy wonderlike werk wat hy in plaaslike gemeenskappe doen. Samuel Kapepo, wat ‘n sopkombuis vir kinders in Freedomland en die omliggende gebiede in Katutura bestuur, is genomineer as die beste humanitêre verteenwoordiger wat Namibië by die Zambiese Zikomo-toekennings 2022 verteenwoordig. Die Zikomo-toekennings is ‘n internasionale toekenning-seremonie wat individue en organisasies erken wat positief bydra in verskeie industrieë, byvoorbeeld kuns en entrepreneurskap. Kapepo deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.