Kommer oor ongeïdentiseerde siekte in Argentinië

Vier mense in Argentinië is reeds dood en sowat ses is siek weens ‘n ”ongeïdentifiseerde” siekte, sê Argentynse owerhede. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê hy monitor die situasie. Die Argentynse ministerie van openbare gesondheid het in ‘n verklaring gesê dat ‘n uitbreking van dubbele longontsteking by ses pasiënte geïdentifiseer is, sonder dat hulle die oorsprong en etiologie daarvan kon vind. Die Argentynse gesondheidsminister, dr. Luiz Medina Ruiz sê hulle het aanvanklik vermoed dit is Covid-19 en griep, asook dalk griep A en B, en selfs die hanta-virus, maar deur navorsing en toetse is dit uitgesluit. Die gevalle word gekoppel aan ‘n enkele private kliniek in die stad San Miguel de Tucumán in die noordwestelike deel van die land.