Landelike inwoners kan aansoek doen vir lenings vir sonkragstelsels

Die Namibiese ministerie van myne en energie en die Solar Revolving Fund doen ‘n beroep op alle landelike lae-inkomste individue, kleinskaalse boere en mikro-handelaars om aansoek te doen vir die lae-rente-lenings vir sonkrag-stelsels vir hul eie gebruik. Die inisiatief ‘Green People’s Energy for Africa’ is deel van die Marshall-plan met Afrika en het ten doel om die toestande in Namibië rakende hernubare energievoorsiening in landelike gebiede te verbeter. Die program bied volhoubare gesubsidieerde finansiële oplossings vir sonkrag-tegnologieë vir lae-inkomste individue en boere en mikro-besighede. Ishuna Amakutsi, die adjunk-direkteur van die Solar Revolving Fund, praat met Kosmos 94.1 Nuus.