Gaan kyk nou Namakwaland se blommeprag

Namakwa Toerisme nooi toeriste om Namakwaland in die Noord-Kaap te besoek aangesien Suid-Afrika se lenteveld-blomme amptelik in volle blom is. Die blomme is ‘n trekpleister vir besoekers wat van heinde en ver kom om die blommeprag-bonanza in Augustus en September te besigtig. Die bestuurder van Namakwa Toerisme, Pearl Heyn, sê hulle verwag baie toeriste regdeur die maand van regoor Suid-Afrika en die buiteland. Sy het ook mense van binne die streek aangemoedig om ʼn tydjie af te knyp om die blomme te besigtig.