Benoemingsproses vir 55ste ANC-konferensie open Donderdag

ANC-president Cyril Ramaphosa sê die benoemingsproses vir die komende 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Desember sal verseker dat wettige leiers verkies word om in die party te dien. Ramaphosa het tydens die Letsema-veldtog in Delmas, Mpumalanga, gesê die party verwag geen vorm van ontwrigting of geweld nie. Benoemings vir die NUK open Donderdag. Wat die Letsema-veldtog betref, het Ramaphosa aan joernaliste gesê dis veronderstel om plaaslike regering te versterk en om beter dienslewering aan gemeenskappe te bevorder.