36 dood in fabriekbrand in China

‘n Brand by ‘n fabriek in sentraal-China het minstens 36 lewens geëis en twee mense word vermis. Nog twee slagoffers word in die hospitaal vir brandwonde behandel. Dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het, maar die polisie sê verdagtes is in hegtenis geneem. Nywerheidsongelukke kom dikwels in China voor weens swak veiligheidstandaarde en korrupsie onder amptenare wat dit moet toepas.