Herrie los oor Swakop-munisipaliteit wat Walvis agterlaat

Die Swakopmundse munisipaliteit nooi toerisme- en gasvryheids-ondernemings van dié kusdorp uit om hul spesiale aanbiedings tydens die feesseisoen op die munisipaliteit se webtuiste en sosialemedia-platforms te bemark en te bevorder. Swakopmundse toerisme-ondernemings word aangemoedig om hul dienste en produkte gratis te bemark. Swakopmund-munisipaliteit se sosialemedia-platforms het byna 30 000 volgelinge met ‘n internasionale reikwydte van meer 180 000 mense. Walvisbaaiers in die toerismesektor is egter nou ongelukkig dat hulle uitgesluit word, want hulle sê hulle ondersteun altyd vir Swakopmund.