Ondersoek na Mabuza se ongeluk gelas

Die buurland se nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê ‘n ondersoek is aan die gang om die omstandighede te bepaal, rondom die ongeluk waarby adjunkpresident David Mabuza se motorkonvooi betrokke was. Die konvooi het tussen Mpumalanga en Gauteng gereis toe een van die bystandsvoertuie se band gebars en die motor omgeslaan het. ‘n Polisielid wat aan die presidensiële beskermingseenheid verbonde is, is op die toneel dood en twee ander is beseer. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe…