Messi se laaste kans is in Katar

Lionel Messi sê dis die laaste geleentheid wat hy het om die Wêreldbeker te wen. Die 35-jarige Messi speel in sy vyfde wêreldtoernooi saam met Argentinië in sy eerste wedstryd van die toernooi, teen Saoedi-Arabië in Katar. Die voorspeler van Paris St-Germain het nog nooit die Wêreldbeker gewen nie. Die naaste wat hy daaraan gekom het, was in 2014 toe Argentina die eindstryd verloor het. Messi sê hy voel fiks en reg om kragte te meet. Ander wedstryde wat vandag plaasvind, is Mexiko teen Pole en Denemarke teen Tunisië terwyl die heersende kampioene van Frankryk en Australië sake sal uitspook.