Gauteng loods veldtog teen drank, dwelms 

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Gauteng sal vandag sy feestydveldtog teen alkohol- en dwelmmisbruik bekendstel. Die veldtog is daarop gemik om gemeenskappe in te lig oor alkohol- en dwelmmisbruik en die uitwerking daarvan op die lewens van Suid-Afrikaners. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die misbruik van alkohol en dwelms is een van die grootste bydraende faktore vir die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, wat as die tweede pandemie in die land verklaar is: