Onderwysministerie onttrek diskriminerende advertensie

Die Namibiese onderwysministerie het ‘n advertensie vir ‘n onderwyspos by ‘n skool in Omusati onttrek na die Studente-unie van Namibië bohaai gemaak het. Die unie sê die advertensie diskrimineer omdat die ministerie gesê het dat net gegradueerdes van Unam vir die pos, wat ‘n tussentydse onderwyser vir Engels vir grade 4 tot 7 was, aansoek kon doen. Die vakbond sê so tipe bepaling weier talle kandidate, selfs ook senior onderwysers wat baie ervaring het en elders gegradueer het. Die ministerie het bevestig die pos sal weer adverteer word.