Mielieprodusente wag op reën, het kommer oor insetkoste

Herman Stroh, ‘n boer van die plaas Hanssenia, 25 kilometer buite Grootfontein naby die Hoba-meteoriet, sê boere in die Noorde is gereed vir die plantseisoen. Hy sê akkerbouers het teen dié tyd meer reën verwag en hulle het nog nie begin plant nie. Stroh sê die hoë insetkoste en die dieselprys gaan ook ‘n rol in die plantseisoen speel.