Volksmoord: Beroepe word lawaai, en is uiteenlopend

Die Landless People’s Movement sê daar is verskeie stemme vanuit geraakte gemeenskappe oor die Duitse volksmoord se reparasie-ooreenkoms tussen Duitsland en die Namibiese regering. ‘n Handvol mense van die Voorvaderlike Grondstigting van Namibië het ‘n vreedsame optog gehou teen die onteiening van voorvaderlike grond. Volgens Tjeja Uatjatindi, ‘n aktivis vir voorvaderlike grondregte, kan die regering nie namens hulle oor grondkwessies praat en onderhandel nie. Die stigting sê Duitsland kan sy bloedbevlekte geld hou en teruggaan Duitsland toe. Die woordvoerder van die stigting, Sandie Tjaronda, sê Ovaherero- en Nama-mense eis dat hul voorvaderlike erfenis aan hulle teruggegee word. Die LPM se woordvoerder Eneas Emvula het sy reaksie só aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.