Dwelmhandel op SA-grense neem skerp toe

Dwelmhandel deur Suid-Afrikaanse hawens en lughawens is na wat berig word besig om toe te neem. Navorsing toon vir elke dwelmbesending waarop beslag gelê word, gaan tien ongemerk deur. Daar word beraam dwelmmiddels van meer as 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand het die afgelope jaar die land deur sy hawens bereik. Interpol-ambassadeur vir die Turn Back-misdaadveldtog, Andy Mashaile, sê die land moet die doeltreffendheid van sy grensbestuur verbeter: