Namibiese jagters maak planne om te oorleef

Die Namibiese jagbedryf is een van die sektore wat swaar getref is deur die Covid-pandemie, maar sommige professionele jagters het slim planne beraam om in die moeilike tye te oorleef. Die Professioneel Jagtersvereniging, Napha, hou tans hul algemene jaarvergadering in die hoofstad. ‘n Lid van Napha, Anton Esterhuizen van Estreux Safaris, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe hy oorleef het.