Khomas-streek het meeste korrupsieklagte

Die meerderheid korrupsieklagte wat in die 2021-2022 boekjaar by die Teen-korrupsie Kommissie aangemeld is, is in die Khomas-streek, volgens die kommissie se jaarverslag. Uit 110 sake wat gedurende hierdie tydperk onder die kommissie se aandag gebring is, was 57 in die Khomas-streek. Nog 22 sake is in die Erongo-streek aangemeld, teenoor 18 in Oshana en 13 in Otjozondjupa. Luidens die verslag is 36 dossiere oor die betrokke tydperk na die aanklaer-generaal se kantoor gestuur, waarvan 20 van die vorige jaar oorstaan. Van dié 36 sake is 13 tans voor die hof, drie is afgekeur, en oor 20 moet daar nog besluit word.