Hawaii se Mauna Loa bars uit, eerste keer in 40 jaar

Die wêreld se grootste aktiewe vulkaan het die eerste keer in byna 40 jaar uitgebars. Die Amerikaanse agentskap vir geologiese opname sê Hawaii se Mauna Loa se vulkaniese as het begin uitstoot. Die lawa vloei op die kruin en dit bedreig nog nie enige mense nie, maar kan vinnig verander. Die agentskap waarsku inwoners om deurentyd versigtig en op die hoogte van die nuutste inligting te bly. Die uitbarsting volg op ‘n reeks waarskuwings oor ‘n uitbarsting ná verskeie aardbewings in die streek. Mauna Loa het al 33 keer sedert 1843 uitgebars. Dit het laas in 1984 uitgebars toe lawa teen sy hange afgestroom het tot ‘n paar kilometer van die eiland se grootste dorp, Hilo.