Netbal is grootste vrouesport in SA

Netbal: Spar en Telkom is aangekondig as die amptelike hoofborge van volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad. Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, sê netbal is die grootste vrouesport in Suid-Afrika. Dit word regoor die land gespeel, vanaf afgeleë dorpe tot in metropolitaanse gebiede. Die toernooi sal van 28 Julie tot 6 Augustus in die Moederstad se Internasionale Konvensie-sentrum plaasvind en die voorste spelende lande ter wêreld sal deelneem.