Unam: Voorlopige eksamen uitslae op 9 Des., finale op 15de

Unam het te kenne gegee dat sy tweede semester se voorlopige eksamen uitslae op 9 Desember vanaf twee-uur namiddag bekend sal wees. Die finale uitslae sal ‘n week later, op 15 Desember, ook om twee-uur bekendgemaak word. Volgens die registrateur se kantoor is die tydperk tussen die voorlopige en finale uitslae nodig om enige aanpassings, klagtes en navrae te hanteer. Onderwysstudente se aanvullende eksamens begin vandag en kom op 8 Desember tot ‘n einde. Daardie uitslae sal ook op 15 Desember bekend wees.